Radio Scriptura

  • Author: Vários
  • Narrator: Vários
  • Publisher: Podcast
  • Duration: 214:44:20
  • More information

Informações:

Synopsis

Radio Scriptura is 'n Gereformeerde potgooi. Sola Scriptura is 'n beginsel wat ons wil toepas op die vreugdes en uitdagings van elke dag. Op hierdie potgooi kyk ons met die "bril" van 2 Timotheus 3:16 na verskeie temas en onderwerpe, want die hele Skrif is deur God geasem!. Deur die Here se Woord rus Hy ons ook toe vir elke goeie werk! Radio Scriptura: die heel eerste Gereformeerde potgooi in Afrikaans!

Episodes

  • Luisteraarsvrae: Die lewe na die dood, engele, gerubs en serafs.

    16/02/2021 Duration: 38min

    02:10 Wat gebeur met gelowiges en ongelowigtes na die dood? 06:19 Die siel van gelowiges en ongelowiges is onsterflik. 13:58 In die hiernamaals is gelowige en ongelowige bewus van hul omgewing. 17:35 Wat is die verskil tussen serafs, gerubs en engele? 23:57 Gerubs is engele wat oor God se heiligheid waak. 30:32 Serafs is engele wat God se heiligheid besing. 35:03 Christene hoef nie demone te vrees nie.

  • Ouerskap: Dissipline

    09/02/2021 Duration: 44min

    Ouers is deur God aangestel oor die kinders en word geroep om met gesag kinders in hierdie lewe te lei. Ouers moet binne die Bybelse grense optree as hulle kinders sondig en ouers mag ook optree wanneer hulle kinders sondig. 4:24 Die punt van Bybelse dissipline is hartsverandering van kinders. 8:34 Hoe kan ek as herder my kind lei dat hy/sy by die Here uitkom? 16:43 Ouers moet konsekwent wees in hul dissipline. 22:00 Vaders se foutiewe gedrag reflekteer dikwels ‘n verwronge beeld van God, die Vader. 29:20 Dis belangrik dat kinders Bybelse gesagsordes verstaan. 36:40 Dissipline wat nie in liefde gedoen word nie, is onbybels en lei tot mishandeling. 39:40 Dit is belangrik om vergifnis te vra wanneer ouers gefouteer het.

  • Perspektief: Januarie 2021 - Eredienste en huidige regulasies van die regering

    29/01/2021 Duration: 01h23min

    1. Hoe gemaak met die regering se Covid-19 regulasies? 1.1. FOR SA se saak teen die regering oor eredienste. 2. Hoe dink die kerk Bybels oor die opskorting van eredienste? 2.2. Hoe hanteer kerkrade en christene verskille aangaande die opskorting van eredienste en die regering se regulasies?

  • Ouerskap: Ouerskap is Herderskap

    26/01/2021 Duration: 42min

    Herderskap definieer die verhouding wat ouers met hul kinders behoort te hê. Die Here verwag van ons om ons kinders op te voed tot Sy eer. 5:33  Waarom is herderskap nodig? 15:08  Wat het ons kinders nodig? 17:36  Wat is herderskap NIE? 23:54  Herderskap is om eerlik, opreg en regverdig te wees. 31:11  Hoe lyk herderskap in die praktyk?

  • Ouerskap: Wat is vir God belangrik mbt ouerskap?

    19/01/2021 Duration: 45min

    Die leer en lewe van ouers moet in pas wees met God se skeppingsplan en verbond met Sy volk.  Die  beeld van God as Vader van Sy kinders, en Sy woord as basis waaruit ons kinders opvoed, is die fondamentele riglyne vir Christen ouerskap. Die nuwe reeks oor ouerskap begin met 6 raakpunte: 02:11     Wat is bybelse ouerskap? Herderskap Dissipline Bybelse pa-wees Bybelse ma-wees Bybelse kind-wees 11:19     Waarin is ouerskap gesetel? God se skeppingsdoel God se verbond met Sy volk 20:00     Wat modelleer ouers se verhouding met Christus aan hul kinders? Verbondsgemeenskap Beeld van Vaderskap 29:16     Hoe leer ons ons kinders van God? Voed kinders op vir God en nie vir onsself nie 37:24     Gee die aflosstokkie aan. Modelleer God se wêreldbeeld 43:38     Die voorbeeld van Timoteus. 2 Timoteus 1:5 Ek dink ook aan jou opregte geloof, dieselfde geloof wat al in jou ouma Loïs en in jou ma Eunice was, en wat, daarvan is ek oortuig, ook in jou is. 2 Timoteus 1:13-14 Neem die woorde wat jy van my gehoor he

  • Perspektief: November 2020

    01/12/2020 Duration: 39min

    Rasverbeterings-leer of Eugenetiek (01:38) Selfmoord onder tieners (18:24) Boek van dr Ben du Toit - "God, Is daar 'n ander antwoord?" (30:25)

  • Hoekom is ek gereformeerd? Want gereformeerde teologie is 'n Geloof-alleen teologie

    24/11/2020 Duration: 55min

    "Want die geregtigheid van God word daarin geopenbaar uit geloof tot geloof, soos geskrywe is: Maar die regverdige sal uit die geloof lewe."

  • Hoekom is ek gereformeerd? Want gereformeerde teologie is verbondsteologie

    17/11/2020 Duration: 01h01min

    Verbondsteologie is Gereformeerde teologie wat 'n aleinding is vanaf die Skrif waaruit ons kan aflei hoe God met die mens tewerk gaan en hoe Hy dan ook sy verlossingsplan uitvoer in Sy ewige raad.

  • Hoekom is ek gereformeerd: Want gereformeerde teologie is 'n "Christus-alleen" teologie

    09/11/2020 Duration: 42min

    In Gereformeerde teologie val die fokus op Jesus Christus - deur Hom is daar vir ons lewe en redding!

  • Kerkmusiek en Himnologie 2

    02/11/2020 Duration: 55min

    Ons gesels verder met die kenner, Braam van Tonder. Ons gesels in die episode spesifiek oor die beoordeling van liedere om in die kerk te sing. 

  • Perspektief: Oktober 2020

    27/10/2020 Duration: 01h08min

    Trump vs Biden. Senekal. Direkte Bybelvertaling.

  • Hoekom is ek gereformeerd? Want gereformeerde teologie is Skrifgefundeerd

    20/10/2020 Duration: 54min

    Is jou teologie Skrifgefundeerd? Wat beteken dit om Skrifgefundeerd te wees? Ons is by die 3de episode van ons nuwe reeks: Hoekom is ek Gereformeerd? Want gereformeerde teologie is Skrifgefundeerd

  • Hoekom is gereformeerd? Want gereformeerde teologie is Godgesentreerd

    13/10/2020 Duration: 40min

    Wat is jou doel op aarde? Wat is die Here se plek in jou daaglikse lewe? Ons is gereformeerd omdat ons Godgesentreerd wil lewe! Ons hoogste doel is om God te eer en Hom te verheerlik - Soli deo Gloria! Ons gesels in hierdie episode ook oor hoe Godgesenteerdheid prakties lyk: In 'n mens se eie lewe en ook in 'n gemeente.

  • Hoekom is ek gereformeerd? Almal is 'n teoloog

    06/10/2020 Duration: 44min

    Is teologie net bedoel vir predikante? Of dalk ouderlinge? In hierdie episode gesels ons oor die gedagte dat elke persoon eintlik 'n teoloog is - selfs al besef jy dit nie eers nie, of al ontken jy dit.

  • Perspektief: September 2020

    29/09/2020 Duration: 50min

    Onlangse nuusgebeure:  Clicks Cuties KwaSizabantu

  • Luisteraarsvraag: Waar is God as die boosheid skynbaar seëvier?

    22/09/2020 Duration: 47min

    Waar is God wanneer daar soveel boosheid in die wêreld is? Is dit buite sy beheer? 

  • Perspektief: Augustus 2020

    24/08/2020 Duration: 39min

    Watter Bybelse riglyne bestaan daar omtrent vuurwapenbesit onder Christene ter wille van selfverdediging?

  • Verlossing deur genade alleen: Volharding van die Heliges

    18/08/2020 Duration: 47min

    "En Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal nooit verlore gaan tot in ewigheid nie, en niemand sal hulle uit my hand ruk nie."

  • Verlossing deur genade alleen: Onweerstaanbare genade

    11/08/2020 Duration: 59min

    Niemand kan na My toe kom as die Vader wat My gestuur het, hom nie trek nie; en Ek sal hom opwek in die laaste dag. Joh 6:44  

  • Verlossing deur genade alleen: Beperkte versoening

    04/08/2020 Duration: 44min

    Die versoening wat Christus bewerk het is slegs bestem vir die uitverkorenes.

page 11 from 18